Editor's choiceLocal newsNews

Jou kind kan die Baba van die Jaar wees

Is jou kind dalk die volgende Baba van die Jaar?

Caxton (waarvan die Brakpan Herald deel is) het onlangs ‘n babakompetisie (Caxton’s Top Tot) van stapel gestuur.

Inskrywings vir dié kompetisie is reeds oop en die wenners sal uiteindelik deur stemme van die publiek aangewys word.

Kinders tussen die ouderdom van 0 en 24 maande kan ingeskryf word en vir die wenner is daar ‘n Whirlpool wasmasjien, wat deur Hirsch’s geborg word, op die spel.

Geskenkpakke van Oakfields Apteek kan ook gewen word.

Om in te skryf  moet ‘n onlangse foto van die kind, wat ten volle geklee is, gestuur word na caxtonbaby@gmail.com

Dit is belangrik om die kind se naam en van, geboortedatum en woonadres  ook te meld.

Die sluitingsdatum vir die kompetisie is 25 Mei en die stemmery sal aanlyn vanaf 1 Junie tot 30 September plaasvind. (Besonderhede daaroor sal volg).

Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie. Vir meer inligting of enige navrae kan Carmen Norton by 011 916-5389 gekontak word.

ENGLISH ARTICLE: DO YOU HAVE THE CUTEST BABY?

 

Related Articles

Back to top button