Editor's choiceLocal newsNews

Proteas groei steeds welig na vrou se dood

Die twee protea plante wat ‘n 64-jarige man vir sy vrou gekoop het, toe sy sterwend aan kanker was, groei jaar na jaar net al hoe weliger.

Die Herald het in 2013 berig oor Johan Lange, van Hastingslaan, se hartseer die dag toe sy vrou, Isabel (62), op 21 April, 2012, haar stryd teen kanker verloor het.

Lees die vorige berig hier

Dit gebeurtenis het Johan se lewe op sy kop gekeer, maar daar was altyd ‘n soete herninnering waaraan hy kon vasklou.

Hy het, toe sy vrou in die hospitaal was, twee protea plante vir haar gekoop.

“Ek wou nie blomme koop nie, want blomme gaan te gou dood,” het Johan gesê.

Nadat Isabel oorlede is het hy, met baie hoop, die plante in sy tuin geplant en gehoop dat hulle sou groei.

Die twee plante het van dag een af begin groei en vandag is hulle ‘n kosbare herinnering aan sy geliefde vrou.

“Ek glo hierdie plante is spesiaal, soos my vrou was,” het Johan gesê.

Vanjaar het een van die proteas weer begin blom en dit lyk of daar geen einde is aan die plant se vermoeë om blomme te dra nie.

Daar is tans meer as 40 blomme aan die plant.

Related Articles

Back to top button