Editor's noteLocal newsNews

Wen ’n vakansie met die skryf van kort- en kort-kortverhale

Soos in die verlede, stuur Die Skryfbesigheid weer ’n skryfkompetisie vir nuwe Afrikaanse skrywers van stapel

Behalwe vir die heerlike pryse wat gewen kan word, kan skrywers ook terugvoer van verskeie kundiges en gewone lesers verwag.

Wat vanjaar anders is, is dat daar in drie kategorieë meegeding word, en dat daar behalwe die algehele wenners ook kategorie-wenners aangekondig sal word. Die sluitingsdatum van die kompetisie is 30 April 2015.

Inskrywings word nie tot een inskrywing per skrywer beperk nie. Skrywers kan ’n onbeperkte aantal verhale inskryf solank daar een verhaal vir kategorie A en een verhaal vir kategorie B ingestuur word.

KATEGORIEË

Skrywers móét vir kategorie A (kortverhale van 800-1500 woorde) en kategorie B (kort-kortverhale van 100-750 woorde)  inskryf. ’n Nuwe kategorie word vanjaar tot die kompetisie toegevoeg. Al is kategorie C (vonkverhale 15-90 woorde) nie verpligtend nie, word hierdie verhale ook in ag geneem wanneer die algehele wenners bepaal word.

 PRYSE

Die skrywer wat met die algehele eerste plek wegstap, wen tien dae vakansie by Uvongo aan die KwaZulu-Natalse suidkus. Reis, verblyf en etes na die vakansie word van die prys uitgesluit. Bykomend tot hierdie vakansie kry die skrywer afslag ter waarde van R1 800 vir enige skryfkursus van Die Skryfbesigheid in 2015/2016, wat al die kursusmateriaal insluit, maar reis, verblyf en etes word uitgesluit van die prys. Verder kan die wenner gratis taalversorging deur Marietjie Wentzel laat doen wat gelykstaande aan 1 800 woorde is.

 Met die algehele tweede plek wen die skrywer vyf dae vakansie by dieselfde plek waarheen die algehele wenner gaan, en soos die wenner word reis, verblyf en etes na die vakansieplek uitgesluit. Hierdie wenner kan aanspraak maak op afslag ter waarde van R1 700 vir enige skryfkursus van Die Skryfbesigheid in 2015/2016, wat al die kursusmateriaal insluit, maar geen reis, verblyf en etes word ingesluit nie. Die wenner kan gratis taalversorging deur Marietjie Wentzel laat doen wat gelykstaande aan 750 woorde is.

Wenners word op Facebook en www.pnskryf.wordpress.com aangekondig. Foto’s van verlede jaar se wenners kan op Die Skryfbesigheid se Facebookblad besigtig word.

Ander pryse wat gewen kan word, is te veel om hier te noem. ’n Volledige lys van al die pryse, asook reëls, voorwaardes en die inskrywingsvorm kan by Trudy Erasmus aangevra word en wel per e-pos na skryfbesigheid@outlook.com, sms 072 210 4385 of faks 086 652 7946.

 

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Thelma Koorts

Thelma Koorts is an editor with a passion for delivering high-quality editorial services that meet the evolving needs of readers and clients. She currently serves as the editor for the Brakpan Herald, Springs Advertiser, African Reporter, and Heidelberg Nigel Heraut. With over 30 years of experience in journalism, her goal is to keep readers informed and updated through informative news from the community to the community.

Related Articles

Back to top button