Editor's choiceNewsSchools

Nuwe tradisie skop af by Laerskool Die Arend

Laerskool Die Arend het die skooljaar met 'n splinternuwe tradisie afgeskop.

Op die eerste aand, nadat die skool begin het, was al die nuwe graad een leerders en hulle ouers spesiale gaste tydens die skool se Inklokseremonie.

Die skoolhoof, Gideon Lange, het elke trotse kleintjie se naam gelees, waarna hy of sy ‘n koperklok gelui het, as simbool dat hulle inklok by Laerskool Die Arend, vir hulle nuwe skoolloopbaan.

Aan die einde van hul sewe jaar daar sal ‘n spesiale Uitklokseremonie gehou word, om die einde van hulle skoolloopbaan by Laerskool Die Arend aan te kondig.

Meer foto’s

Related Articles

Back to top button