Tyd raak min om jou foto in te stuur

Die tyd raak min om vir ons foto’s vir die voorblad van die laaste uitgawe van die Herald te stuur.

Die laaste uitgawe van die Herald verskyn op 19 Desember en, soos in die verlede, vra ons weer vir die publiek om vir ons ‘n gepaste voorbladfoto te neem.

Foto’s sal slegs oorweeg word indien dit ‘n Kersfeestema het en daar moet ten minste een persoon in die foto wees.

Dit is belangrik dat die foto in j-peg formaat is en nie digitaal gemanipuleerd is nie.

Wanneer jy ‘n foto instuur moet die volgende inligting verstrek word (daarsonder sal die foto nie in ag geneem word nie):

* Name, vanne en ouderdomme van al die persone in die foto.

* ‘n Kort beskrywing van die foto (waar en wanneer dit geneem is).

* Naam, van en kontaknommer van die fotograaf.

Foto’s mag nie langer as ‘n maand gelede geneem gewees het nie (dus sal verlede jaar se Kersfeesfoto’s nie werk nie).

Daar is twee maniere om jou foto by ons te kry.

Dit kan per e-pos gestuur word na brakpanherald@caxton.co.za, of gedrukte foto’s kan by ons kantoor, te Hendrik Potgieterstraat 25, Dalview, ingehandig word.

Die sluitingsdatum vir inskrywings is, Maandag 8 Desember, om 9vm.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version