Brand vernietig kamers, laat mense dakloos

‘n Brand wat Sondagmiddag  in Gladstonelaan uitgebreek het, het versoorsaak dat ten minste vyf mense dakloos gelaat is.

Die brand het onstaan in kamers, wat op ‘n perseel in dié straat gebou is.

Volgens inligting het die brand net na drie uur uitgbreek en drie brandweerwaens is  na die toneel om die vlamme onder beheer te kry.

Die vuur is sowat ‘n uur later heeltemal geblus. Niemand is beseer nie.

Die kamers was Maandagoggend heeltemal verlate. ‘n Sterk rookreuk het in die lug gehang en die inwoners se verbrande besittings was oral te sien.

Dit is nie duidelik waar die mense, wat die kamers bewoon het, die nag deurgebring het nie.

Meer foto’s

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version