Behoeftiges geniet ‘n Kersmaal

Sowat 200 volwassenes en 50 kinders het onlangs die jaarlikse Kersete van die Ondersteuningsraad, in die saal van die NH Kerk, Brakpan, geniet.

Die Ondersteuninsraad voorsien, deur die loop van die jaar, daagliks honderde mense van ‘n bord kos.

Vir baie van die mense is dié bord kos die enigste voedsel wat hulle kry en die jaarlikse Kersete is ‘n hoogtepunt vir baie van hierdie mense.

Die Kersete word moontlik gemaak deur skenkings van veskeie gemeentes, individue en besighede.

“Ons is baie dankbaar vir die skenkings en ook vir die vrywilligers wat help met die voorbereiding en opdiening van die kos,” het Mona Loubcher, hulp maatskaplike werker van die Onderstueningsraad, gesê.

Meer foto’s

Exit mobile version