Local newsNews

Dames Aktueel groet ‘n staatmaker

Die Brakpan-tak van Dames Aktueel het onlangs ‘n jare lange lid en staatmaker van die organisasie gegroet.

Rina Aucmap het onlangs, na baie jare van diens op vele terreine, Brakpan waarwel geroep en na Pretoria verhuis.

“Rina was en is in alle opsigte ‘n raakvatter, ‘n steunpilaar en altyd ‘n ware dame na wie ons kon opsien,” het Esther Rothman namens die tak gesê.

As deel van die hoofbestuur van Dames Aktueel was Aucamp betrokke by verskeie projekte wat ‘n groot bydrae gelewer het tot die opheffing in gemeenskappe.

“Daar was ander ander die laslappie duvetprojek vir ‘n gastehuis by Bloedrivier; die uitgee van ‘n puik kookboek, `Die kokke se keuse’, waaraan ons lede landswyd deelgeneem het; die nasionale mondstuk `wee’ je wat’ en die kleuterskool in Brakpan, Die Via-Vinkies,” het die Rothman gesê.

Aucamp is ook vroeër vereer met ‘n “Ster-in-die-gemeenskap”-toekenning.

Dié toekenning is gemaak deur Solidariteit en Aucamp het dit tydens ‘n glansgeleentheid van die president van Solidariteit, Steve Scott ontvang.

“Rina sal ook gemis word vir haar puik boekbesprekings en haar passie om haar droom uit te leef, naamlik ‘opheffing deur opleiding’,” het Rothman bygevoeg.

Met die afsterwe van haar eggenoot, Peet Aucamp (‘n vorige skoolhoof van die Hoërskool Stoffberg), het haar lewe ‘n u-draai gemaak en sy het intussen na Pretoria verhuis om nader aan haar kinders en kleinkinders te wees.

“Brakpan se verlies is beslis Pretoria se wins,” het Rothman gesê.

Related Articles

Back to top button