Editor's choiceLocal newsNews

Bianca leef haar droom uit

Bianca Birnie (33) het onlangs die titel van Lady Gracious 2014 verower. Die Herald het ‘n paar vrae aan dié inwoner van Dal Fouché, Springs, gestel.

* Wat het jou laat besluit om vir die Lady Gracious-kompetisie in te skryf ?

Dit feit dat Lady Gracious baie te doen het met welsyn (“charity”) en opheffingswerk en eerder goeie waardes en innerlike skoonheid beklemtoon en nie die uiterlike van ‘n persoon nie. Die idée om iemand soos Brandon te help was ‘n uitdaging. My hele lewe lank wou ek so iets aanpak om mense te help, aangesien dit my na aan die hart lê. (Brandon is ‘n jong seun, sonder bene wat vanjaar baat gevind het by die Lady Gracious kompetisie).

* Benewens die titel, wat nou agter jou naam staan, wat het jy bereik met die kompetisie?

Ek het geestlik baie gegroei. Ek het baie wonderlike mense ontmoet en met die reis het ek ook geleer om dankbaar te wees vir alles wat ons het en dit nie van as vanselfsprekend te aanvaar nie.

* Neem jy gereeld aan kompetisies deel?

Glad nie, ek het laas aan ‘n kompetisie deel geneem toe ek ‘n tiener was. Ek het altyd ‘n droom gehad om soos iets te doen en Lady Gracious het vir my die geleentheid gegee om te waar te maak.

* Wat was vir jou die hoogtepunt gewees van die kompetisie

Daar was ‘n paar hoogtepunte.

Ons het ‘n naweek weg geniet en dit was “awesome”. Daar kon jy jouself werklik ontdek en meer van jouself leer. ‘n Mens moet dit egter beleef om dit regtig te kan verstaan. Ons almal is ook heerlik bederf.

Die sopkombuis vir minderbevoregte mense en om die gesigsuitdrukkings op hulle dankbare gesigte te kon sien.

Die fondsinsamelingsfunksie vir Brandon sal my ook altyd bybly.

Die beoordeling, wat ‘n dag voor die kroning plaasgevind het, was was ongelooflik lekker. Ek het gedink dit sou stresvol wees maar dit was ‘n onvergeetlike ondervinding.

En dan beslis die kroningsaand; veral toe hulle my naam uitgelees is as die algehele wenner asook die wenner van die publiek se keuse en die wenner van die styl kategorie.

* Sal jy ander getroude vroue aanraai om aan die kompetisie deel te neem?

Beslis dit is iets wat enigiemand kan doen, maak nie saak wie of wat jy is nie. Veral as jy nie tyd maak vir jouself nie, is dit beslis iets wat jy kan oorweeg. Dit is ‘n belewenis. Ek glo dit sal veral tot voordeel wees van vroue wat dalk deur ‘n moeilike tyd gegaan het. Dit is ongelooflike verrykend.

* Wat is jou beroep?

Ek is die trotse eienaar van HmH Model- en Afrondingskool vir die afgelope 16 jaar. Daar is takke in Brakpan, Boksburg en Nigel.

Ek is ook trots om te sê dat HmH staan vir: “Here my Herder” Dit is ‘n Christelike modelskool met goeie waardes waar kinders, kinders kan wees maar nog steed kan leer hoe om ‘n dame en heer te wees en dit te geniet.

* Vertel meer van jou man en kinders?

Ek het ‘n wonderlike man, Hedley, wat my bystaan in alles wat ek aanpak. Ek het twee stiefseuns, Cameron, 24 en Jason, 22.

* Hoe het jou man gevoel oor jou deelname aan die kompetisie?

Hy was baie trots op my omdat ek vir myself iets spesiaals gedoen het. En natuurlik het hy bankvas agter my gestaan.

* Wat is jou gunsteling tydverdryf?

Om met die modelskool se foto’s te speel op “Photoshop”.

En as ek in my besige lewe ‘n tydjie kry net rustig te wees en dankbaar te wees vir alles wat ek het.

*  Wat maak jou kwaad?

Mense wat vals en agter af is. En mense wat nie kan bestuur nie.

* Wat sal jy doen as jy vir een dag die land kan regeer?

Ek sal poog dat die hele land saam kan bid. Sodra ons land dit saam kan begin doen sal dit baie beter gaan in ons land.

* Wat is nog op jou “bucket list”?

Ek wil baie graag Switserland toe gaan.

* Hoe bly jy gesond en fiks?

Ek is nie eintlik ‘n groot “oefen mens” nie en het nie regtig tyd om dit te doen nie.

Ons probeer om gesond te eet. En ons dans by die modelskool om so bietjie oefenening in te kry. Al die modelle in die modelskool hou my besig, jonk en gesond.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button