Pa en dogter in arres: Slaap saam met mekaar en pleeg dade met hond

‘n 42-Jarige man en sy 21-jarige dogter verskyn vandag (Maandag) in die Brakpan Landdroshof op ‘n aanklag van bestialiteit en bloedskande. Die twee is Vrydag in hegtenis geneem op dié twee aanklagte en is oor die naweek aangehou tot en met hul verskyning vandag. Volgens inligting het die pa en dogter, wat in Brenthurst woon, …

‘n 42-Jarige man en sy 21-jarige dogter verskyn vandag (Maandag) in die Brakpan Landdroshof op ‘n aanklag van bestialiteit en bloedskande.

Die twee is Vrydag in hegtenis geneem op dié twee aanklagte en is oor die naweek aangehou tot en met hul verskyning vandag.
Volgens inligting het die pa en dogter, wat in Brenthurst woon, glo seksuele dade met mekaar en ook met ‘n hond gepleeg.

Daar is ondermeer beslag gelê op foto’s en video opnames van die dade.
Lede van die Brakpan SAPD het, in samewerking met die Brakpan Dierebeskermingsvereniging, een hond van die perseel verwyder

‘n Tweede hond het glo uitgeglip en word nog vermis.

Exit mobile version