Editor's noteLocal newsNews

Brakpan CMR lewer 50 jaar reeds diens

Die Christelik Maatskaplike Raad (CMR) Brakpan, lewer reeds sedert 31 Maart 1964 geintegreerde kinder- en gesinsorgdienste, asook bepaalde ontwikkelingsdienste binne die landdros distrik van Brakpan. Die CMR Brakpan beplan ‘n Jubileum noenmaal funksie ter viering van die organisasie se 50ste bestaansjaar, op 14 November 2014. “Ons wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om elke …

Die Christelik Maatskaplike Raad (CMR) Brakpan, lewer reeds sedert 31 Maart 1964 geintegreerde kinder- en gesinsorgdienste, asook bepaalde ontwikkelingsdienste binne die landdros distrik van Brakpan.

Die CMR Brakpan beplan ‘n Jubileum noenmaal funksie ter viering van die organisasie se 50ste bestaansjaar, op 14 November 2014.
“Ons wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om elke individu en organisasie wat deur die afgelope 50 jaar die CMR Brakpan ondersteun het, te bedank,” het Retha Meyer, voorsitter van die CMR, Brakpan gesê

“Ons rig hiermee ‘n uitnodiging aan almal wat sedert 1964 betrokke was, om met ons kantoor in verbinding te tree,” het Meyer bygevoeg.

Kontak vir Susan Jenner gedurende kantoorure by 011 744 4020.

Related Articles

Back to top button