Local newsNews

Boeppense en bleskoppe kan nader staan

Het jy ‘n lekker boeppens of ‘n mooi, blink bleskop?

Een van hierdie eienskappe kan vir jou ‘n prys losslaan by die Pannefees, wat volgende Vrydag en Saterdag (26 en 27 September) op die sportgronde van laerskool Die Arend aangebied word.

Die fees word vanjaar vir die tweede keer aangebied en die organiseerders is hard aan die werk om ‘n genotvolle gesinsdag te beplan.

Dit is darem nie net die manlike geslag wat ‘n prys of twee kan lossslaan nie.

‘n Mej Pannefees word vir jong vroue tussen die ouderdomme van 17 en 25 jaar aangebied.

Inskrywingsforms sal vanaf 26 September, om 10vm, beskikbaar wees en kan by die Momentumstalletjie verkry en weer ingehandig word.

‘n Inskrywingsfooi van R50 is betaalbaar en die die kompetisie vind Saterdag, om 3nm, plaas.

Persone wat die Pannefees besoek kan hulself ook in ‘n film bevind, aangesien daar tydens die fees ‘n film geskiet gaan word.

Volgens een van die organiseerders is die draaiboek vir die “movie” reeds geskryf en, indien alles volgens plan verloop, sal die film tydens volgende jaar se Pannefees vrygestel word.

Persone wat meer inligting oor stalletjies of enige van die kompetisies benodig kan vir Marie Viljoen by 082 461 9270 kontak.

Related Articles

Back to top button