Editor's choiceLocal newsNews

Opvolg: Jong man sterf twee weke na pa

Die 23-jarige jongman, wat onlangs in ‘n ernstige ongeluk saam met sy pa betrokke was, is Saterdag oorlede.

Juan Marais is Saterdagaand ongeveer 11nm in die Charlotte Maxeke Hospitaal in Johanesburg oorlede.

Sy pa, Jan wat in die ongeluk gesterf het, sou vandag (Maandag) begrawe word maar die begrafnis is vir eers uitgestel.
Juan se ma, Gerda het Maandagoggend aan die Herald gesê dat sy “speechless” (woordeloos) is.

Volgens haar het Juan ‘n groot terugslag beleef.
“Hy het ‘n hoë koors ontwikkel en sy bloeddruk het geweldig geval,” het Gerda gesê.
Juan het ‘n ernstige nekbesering tydens die ongeluk opgedoen en dokters het sy ma meegedeel dat hy moontlik verlam sou wees.
Gerda het egter verlede week aan die Herald gesê dat sy geglo het dat haar kind sou regkom.

Jan (46) en Juan was op 9 Augustus oppad na ‘n familielid toe Jan op die ou Lokasiepad beheer oor sy Toyota RXi verloor het.
Die voertuig het gerol en beide die mans is uitgeslinger.
Jan is op die toneel oorlede en Juan is per helikopter na die Charlotte Maxeke Hospitaal in Johannesburg vervoer.

Sy ma Gerda was sedertdien pal lang sy bed en het aanhou hoop en glo dat haar seun daar sou uitstap.
Gerda en Jan sou Saterdag (24 Augustus) hul 24ste huweliksherdenking vier en Jan se begrafnis sou vandag (Maandag, 25 Augustus) plaasvind.

Dié reeling is vir eers uitgestel aangesien Gerda nou reëlings tref om haar man en seun saam ter ruste te lê.
“My man en kind was onafskeidbaar en was die grootste vriende en dit sal net reg wees as ek hulle saam groet,” het Gerda gesê.
Gerda het ook twee dogters, Lizelle (20) en Mareika (14).

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Thelma Koorts

Thelma Koorts is an editor with a passion for delivering high-quality editorial services that meet the evolving needs of readers and clients. She currently serves as the editor for the Brakpan Herald, Springs Advertiser, African Reporter, and Heidelberg Nigel Heraut. With over 30 years of experience in journalism, her goal is to keep readers informed and updated through informative news from the community to the community.

Related Articles

Back to top button