Local newsNews

Pretdraf vir Bybelverspreiding

Inwoners van die dorp kan hulle maar reg maak vir ‘n lekker pretloop, -draf, -trap en -rol, wat op Saterdag, 30 Augustus, gehou word.

Dit sal die 15de Bibliathon pretloop wees, wat saam met ‘n mini-kermis van die Christelik Maatskaplike Raad (CMR) aangebied word.

Die pretloop en kermis word by die NG Kerk, Brakpan-Wes (oorkant die Hoërskool Stoffberg) gehou en oud en jonk word uitgenooi om deel te neem.

Die inskrywingsgeld is R25 per persoon. R20 hiervan sal aan die Bybelgenootskap geskenk word en R5 sal aangewend word om medaljes vir al die deelnemers aan te skaf.

Skoliere kan teen R10 inskryf en sal steeds ‘n medalje ontvang.

“Ons wil graag ‘n beroep doen op kerkrade, selgroep, skole en enige ander kreatiewe deelnemers, om die Bibliathon te ondersteun,” het Retha Meyer, van die CMR, gesê.

Inskrywings kan vanaf 9vm op die dag gedoen word.

Lekker eetgoed sal by die mini-kermis te koop wees en ‘n pannekoektafel sal deur leerders van Hoërskool Die Anker beman word.

Vir meer inligting kan Retha Meyer by 083 365 9434, of Maggie Dicks by 083 276 5813, gekontak word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button