Editor's choiceEntertainmentLifestyleLocal newsNews

Afrikaanse Musiekfees 13 is om die draai

Lefra Produksies se heel eerste Afrikaanse Musiekfees is 13 jaar gelede in die Big Top Arena, by Carnival City, gehou.

Daarna is daar elke jaar so gemaak en besprekings is nou oop vir die Afrikaanse Musiekfees 13, wat vanjaar op Saterdag, 4 September, om 7nm, sal plaasvind.

Tydlose gunstelinge en vars nuwelinge sal die winter groet en die lente verwelkom op skouspelagtige wyse.

Die afgelope 11 jaar het sowat 200 kunstenaars meer as 35 000 mense vermaak. Daar was van die land se mees bekroonde, gewildste en selfs omstrede kunstenaars, en vanjaar maak Lefra Produksies weer so, tydens die Afrikaanse Musiekfees 13.

Bobby van Jaarsveld, Bianca le Grange, Jak de Priester, Jannie Moolman, DJ Ossewa, Lance James, Arina de Witt, Rommel Jones, Alwyn Oberholster, Elizma Theron, Carly Bailey en Marlise Scheepers is van die topkunstenaars wat op een verhoog te siene gaan wees, met die skreeunsaakse Hannes Brümmer en Melt Sieberhagen as aanbieders.

“Soos in vorige jare, bring ons die beste van Afrikaanse musiek saam op een verhoog,” het Frans Swart, vervaardiger van die Afrikaanse Musiekfeeste gesê.

“Met die Afrikaanse Musiekfees 13 hou ons, ons vinger op die pols van kontemporêre Afrikaanse musiek, waar die lyne tussen die verskillende genres so effens gelig word, en die resultaat is ‘n eklektiese een, met iets vir elkeen se musieksmaak.”

Meer by www.lefra.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button