Opvolg: Eerste baba by Life Dalview gebore — Nog twee maak hul opwagting

Daar was Vrydag nie baie tyd vir baie stil sit vir die personeel van Die Life Dalview Kliniek se nuwe kraamafdeling nie.

Na die groot opwinding van die eerste baba wat Vrydagoggend vroeg gebore is, het nog twee baba’s hul opwagting gemaak.
Nicolene Potgieter van Van Dyk Park het net na 4nm geboorte geskenk aan haar eersteling MJ Potgieter wat by geboorte 3,18kg geweeg het.
Later die aand het Moleboheng Zikalala van Tsakane vir die tweede keer ma geword toe haar kind, Zinethemba Zikalala gebore is.
Zinethemba het 3,47 kilogram geweeg toe sy gebore is.

Exit mobile version