Community AnnouncementsEditor's choiceNews

Eerste baba by Life Dalview gebore

Daar was vanoggend (Vrydag) groot opgewondenheid by die Life Dalview Klinkiek se nuwe kraam afdeling, wat onlangs geopen is.

‘ n Skatlike gesonde dogtertjie, wat by geboorte 3.225 kg geweeg het, is die eerste baba, wat in die nuwe afdeling van die hospitaal gebore is.

Verpleegpersoneel was net so opgewonde soos die ouers en familie van die kleintjie, wat salig onbewus was, van die stukkie geskiedenis wat sy gemaak het.
Yolandi Vermaak (23) en Ruan Brisley (25) se eersteling is net voor 9vm met die hulp van ‘n epidurale keisersnee in die lewe gebring.
Die nuwe ouers, wat in die Waterberg, Limpopo woon, kon hul trots en verwondering skaars wegsteek.

Ruan is ‘n Brakpanner, wie se ouers steeds hier woon, maar hy bly die afgelope paar jaar saam met Yolandi in Limpopo.
“Ons ginikoloog is hier en ons het verkies dat Yuané ook hier gebore word,” het Yolandi gesê.

Haar ouers, Hettie en Chris Vermaak was ook by om hul dogter se groot dag saam met haar te vier.
Yuané is die eerste kleinkind aan beide kante van haar ouers se gesinne en daar wag ‘n groot bederf.

Ruan het groot lof gehad vir die personeel van die hospitaal en het die geboorte van sy kind as uiters spesiaal en onvergeetlik beskryf. “Niks en niemand kan jou werklik voorberei vir die oomblik nie,” het hy gesê.

Die Life Dalview Kliniek se kraamafdeling het op 18 Junie sy deure geopen, nadat dit vir jare nie oor so ‘n fasiliteit beskik het nie.

 

 

Related Articles

One Comment

  1. Well done Dalview and congrats on a job well done and to both mom and dad God bless you and baby girl. Lekker Life

Back to top button