Editor's choiceNewsSchool sportSchoolsSport

Die Arend bied weer opwindende krieket toernooi aan

Laerskool Die Arend bied vanjaar vir die sewende agtereenvolgende jaar ‘n Super 16 kriekettoernooi aan.

Die toernooi, waaraan 192 spelers deelneem, word vanaf 24 Julie op die skool se twee krieketvelde beslis.

Die o-13 krieketspanne van 16 skole van regoor Ekurhuleni sal sake uitspook tydens die toernooi, waarvan KFC die hoofborg is.

Wedstryde word oor 12 boulbeurte beslis en ‘n bouler word toeglaat om ‘n maksimum van twee boulbeurte te boul.

“Die toernooi gee aan die spelers die geleentheid om hulself gereed te kry vir die krieketseisoen wat voorlê,” het die toernooi organiseerder Hoffie Wagenaar gesê.

Hy het bygevoeg dat dit ‘n prestige toernooi is, waar krieketspelers die geleentheid kry om hul ware talente ten toon te stel.

Die wenners ontvang ‘n wisseltrofee en prysgeld, asook medajes.

Die deelnemende laerskole is Die Arend, Rynfield Primary, Concordia, Selection Park, Tom Newby, Baanbreker, Dalview, Delville, Farramere Primary, AG Visser, Die President, Pam Brink, Brakpan-Oos, Elspark en Christiaan Beyers.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button