NewsSchools

Môrewagters is in goeie hande

Die Laerskool Môrewag het onlangs ‘n nuwe hoof, adjunkhoof en departementshoof ryker geword.

Die vroue wat in die poste aangestel is het jare se kennis van die onderwys en al drie is vir etlike jare aan Morries verbonde.

* Elna Venter (49) het op 1 Mei amptelik die hoof van die skool geword. Elna, wat haar onderwysloopbaan op 1 Januarie 1987 aan die Laerskool Dalview begin het, het gesê dat sy baie uitsien na die nuwe wending wat haar loopbaan ingeneem het.

Elna was vir 21 jaar verbonde aan Laerskool Dalview en het in 2007 besluit dat die tyd reg was vir bevordering.

Sy het aansoek gedoen vir ‘n departementshoofpos by die Laersool Môrewag, en het op 1 Januarie 2008 by die skool ingeskakel.

Sy het in dié tyd ook waargeneem as hoof en adjunkhoof en, nadat die hoofpos vakant geraak het, het sy aansoek gedoen daarvoor.

“Ek wou nog altyd die hoogste sport bereik; maak nie saak wat ek doen nie,” het Elna gesê.

“Ek glo daaraan, en ek is genoegsaam gemotiveerd om dinge na die beste van my vermoeë te doen en die beste daarvan te maak.”

Elna glo dat ‘n gesonde liggaam ‘n gesonde gees huisves en sy sal graag aan elke leerder die geleentheid wil bied om op sport-, kultuuur- of akademiesevlak uit te blink.

* Roelien Viljoen (54) se aanstelling as adjunkhoof het op 1 Junie in werking getree. Sy het haar onderwysloopbaan in 1983 by die Laerskool Môrewag begin en is dus die afgelope 31 jaar al verbonde aan die skool.

Sy is in 2008 aangestel as departementshoof, opvoedkundige leiding, en het ook verlede jaar waargeneem as adjunkhoof.

* Melinda Weideman (53) is sedert 1 Mei die departementshoof van die grondslagfase. Dié pos is egter nie ‘n nuutjie vir dié toegewyde onderwyser van Morries nie, aangesien sy reeds vir die afgelope sewe jaar waarnemend in die pos opgetree het.

Melinda het haar onderwysloopbaan in 1983 aan die Laerskool Turffontein begin, voordat sy in 1994 by die Laerskool Môrewag begin skoolhou het.

Melinda Weideman.
Melinda Weideman.
Roelien Viljoen.
Roelien Viljoen.

Related Articles

Back to top button