Editor's choiceLocal newsNews

Neem ‘n pa en kind foto

Vadersdag word vanjaar op 15 Junie gevier en met die oog daarop gun die Herald ons lesers die geleentheid om vir ons foto’s in te stuur.

Ons is op soek na ‘n foto waarop die dorp se oulikste pa en kind/kinders uitgebeeld word.

Dit is maklik om jou foto in te stuur, maar onthou dat ons op soek is na ‘n foto wat ‘n spesiale of prettige oomblik tussen ‘n pa en sy kind/kinders uitbeeld.

Foto’s moet nie ouer as vier maande wees nie en foto’s wat digitaal gemanipuleer is sal glad nie in ag geneem word nie.

Dit is belangrik om die volgende inligting saam met die foto te verstrek:

* Name, vanne en ouderdomme van al die mense op die foto; waar die foto geneem is, asook ‘n kort beskrywing daarvan.

*Dit is ook noodsaaklik om ‘n telefoonnommer te verskaf.

* Foto’s kan slegs op twee maniere ingestuur word. Dit kan in j-peg formaat per e-pos na brakpanherald@caxton.co.za gestuur word.

* Gedrukte foto’s kan ingehandig word by ons kantoor, te Hendrik Potgieterstraat 25, Dalview.

Die sluitingsdatum is Dinsdag, 10 Mei, om 9vm.

Die foto’s wat ontvang word sal ook op ons webtuise, www.brakpanherald.co.za, geplaas word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button