Trek jou kruisie reg

Miljoene mense gaan op 7 Mei hul kruisies trek tydends die algemene verkiesing wat gehou word. Maak seker dat jy dit reg doen. • Maak jou merk in die boksie langs die party van jou keuse. • Wees versigtig dat jou merk nie aan enige kante van die boksie raak nie. • Maak slegs een …

Miljoene mense gaan op 7 Mei hul kruisies trek tydends die algemene verkiesing wat gehou word. Maak seker dat jy dit reg doen.

• Maak jou merk in die boksie langs die party van jou keuse.

• Wees versigtig dat jou merk nie aan enige kante van die boksie raak nie.

• Maak slegs een merk op die stembrief:

(Dit is die beste om ’n kruisie soos hierdie te maak: X

• Enige merk is reg, solank dit wys vir wie jy stem. Dit help die stembeamptes wanneer hulle die stemme tel.

• Indien jy ’n fout gemaak het, stel die kiesbeampte in kennis. Hy of sy sal dan jou stembrief kanselleer. Jy sal ’n nuwe een ontvang.

• Vou elke stembrief in die helfte, sodat niemand jou merk kan sien nie. ’n Kiesbeampte sal die stempel op die agterkant van elke stembrief nagaan. Plaas dan elke provinsiale en nasionale stembrief in die korrekte stembus.

(Inligting verkry van die OVK se webtuiste)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version