Honde se dood is erg

Anneleen van Deventer, Brakpan-sentraal, skryf:

Hoe kan enigiemand dit oor sy hart kry om ‘n hond te vergiftig? Ons woon in Brakpan-sentraal en vandat ons twee fox terriers onlangs vergigtig is, is ons hele gesin erg getraumatiseerd.

My kind (sy is net nege jaar oud) het saam met die twee diere grootgeword. Sy is ontroosbaar.

Wat my kwaad maak is die feit dat die barbare hul duiwelsdaad in die middel van die nag uitgevoer het en dat ons geen idee gehad het dat ons diere ‘n aaklige dood sterf nie.

Toe ons wakker word het ons die een naby die voordeur aangetref en die ander een het by die hek gelê. My kind het ongelukkig eerste uitgegaan en sy was histeries.

Ek het so dikwels al gelees en gehoor van sulke voorvalle, maar ek het nooit kon dink dat dit so ‘n impak op iemand se lewe sal hê nie.

Ons is nou te bang om die honde te vervang, want ons wil nie weer deur dieselfde trauma gaan nie.

Daar moet ook gekyk word na die persone wat die gif verkoop of versprei.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version