CMR sukkel na voertuig gesteel is

Die Christelik Maatskaplike Raad (CMR) van Brakpan het ‘n groot terugslag beleef, toe die voertuig wat deur die organisasie gebruik word, onlangs gesteel is.

‘n Maatksaplike werker het gedurende Maartmaand ‘n afspraak met ‘n leerder by die Hoërskool  Stoffberg gehad.
Dit was tydens dié besoek dat die ligblou Toyota Corolla 1993 model gesteel is.
Volgens ‘n woordvoerder van die CMR was die voertuig wel verseker maar sal die versekring slegs ongeveer R13 000 daarvoor uitbetaal.
“Ons het ‘n voertuig nodig om ons maatskaplike dienste ten volle te kan voortsit,” het die woordvoerder gesê.
Die organisasie het ‘n beroep gedoen op enigiemand wat kan help met skenkings of moontlik ‘n goeie tweedehandse voetuig het, wat moontlik aangekoop kan word.
Die CMR se telefoonnommer is 011 740-4020.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version