Editor's noteNewsSchools

Oktober is Stoffie-maand

Groot planne word beraam om die totstandkoming van die Hoërskool Stoffberg, wat op 15 Oktober, 1946, gestig is, vanjaar op luisterryke wyse te vier.

“Met die aanvang van die nuwe skooljaar, in Januarie, 1947, het onderrig aan die nuwe skool ‘n aanvang geneem en vanaf die beginjare  het leerlinge, oud-leerders sowel as leerkragte diep spore in die samelewing begin trap,” het Lodi le Roux, een van die matrikulante van 1964, gesê.

“Wat hierdie datums so uniek maak is dat die grootste aantal leerlinge wat in 1964 aan die hoërskool gematrikuleer het in die stigtingsjaar van die skool (1946) gebore is, en die res in 1947; die jaar toe onderrig aan die nuut gestigte Hoërskool Stoffberg amptelik ‘n aanvang geneem het,” het le Roux bygevoeg.

Onder sy leiding word daar nou ‘n poging van stapel gestuur om hierdie geskiedkundige gebeurtenis op gepaste wyse te vier.

Dit val ook saam met die 50-jaar reünie van die 1964-klas.

In samerwerking met die huidige skoolhoof, Koos Boshoff, is daar besluit om op Vrydag, 17 Oktober, ‘n geselligheid vir alle oud- en huidige Stoffies, asook ander belangstellendes, aan te bied.

Bekende oud-Stoffbergters soos die sanger André Swieges, die akteur en musiekant Lieb Bester van Villa Rosa-faam en die bekende RSG sport kommentator Pieter van den Berg sal by die geleentheid optree.

Die verrigtinge sal die Sondagoggend afgesluit word met ‘n dankseggingsdiens in een van die plaaslike kerke.

Vir die matrikulante van 1964 word daar ook ‘n reünie vir 18 Oktober gereël.

“Na bykans drie jaar se gesoek kon ons tot dusvêr nog net 19 lewende manne opspoor en het ons kennis gekry in verband met 13 oorlede oud-leerlinge, uit die total van 62 van die 1964 se matrieks,” het le Roux gesê.

“Die volgende persone is nog op ons soeklys en enige inligting oor dié persone sal hoog op prys gestel word,” het le Roux bygevoeg.

Jurgen Absmeier, Jan de Lange, Daan Erasmus, Jurie Lategan, .Corrie Prinsloo, Louis Stander, Attie van Niekerk, Peet van Vuuren, Hennie Booyse, Pietie du Plessis, Norman Ford, Willie Le Roux, Willem Rabie, M Strydom, Dick van Papendorf, Louis Viljoen, J Boshoff, D du Preez, Frikkie Grobler, Jacques Marais, Johan Ryan, André van Niekerk, Hendrik van Rooyen, Jurie Wessels, Theuns Botha, Abel Erasmus, Gert Kriel, Roeland Perold en Johan Schnetler.

Inligting kan deurgegee word aan Lodi le Roux (081 844 4154) of Louw Pretorius (083 625 6894) of skakel die skoolkantoor by 011 740-0210.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button