Genotvolle middag vir brak en baas

Honde-eienaars en ondersteuners van die Diere Beskermingsvereniging (DBV) word uitgenooi om op 5 April aan die derde “Sunset Adventure Dog Walk”, by die Boksburg Stadion, deel te neem.

Die geleentheid is ten bate van die takke van die DBV aan die Oos-Rand, in ‘n poging om fondse in te samel, maar ook om komberse, honde-leibande en hondekos bymekaar te maak.

Die hekke sal om 4nm open, en die publiek word aangemoedig om piekniekkomberse, stoele en gazebos saam te neem. Boereworsrolle, slaaie en koeldrank sal te koop wees.

Mense wat nie honde besit nie is ook baie welkom om die geleentheid by te woon, en selfs die roetes te stap.

Die volgende reëls is van toepassing:

* Alle honde moet aan leibande wees.

* Die diere se inenting moet op datum wees.

* Geen honde wat op hitte is of onder drie maande oud is sal toegelaat word nie.

* Geen aggresiewe, siek of beseerde honde sal toegelaat word nie.

Die Boksurg Stadion is in Jubileeweg, Boksburg, geleë.

Vir meer inliging kan Ann Martin by 082 909 5612, of die Brakpan DBV by 011 742-2007, gekontak word.

Exit mobile version