Local newsNews

Graad sewe leerder sterf toe bakkie hom tref: Ouers oppad terug van oorsee

‘n Graad sewe leerder aan die Laerskool Dalview is Maandag vroegaand oorlede, toe hy deur ‘n bakkie in Denneweg raakgery is.

Timothy Swiegers (13) het om ongeveer 6.45nm saam met sy ouer broer, Jonathan (18), na hul huis in Kootweg gestap, toe die ongeluk plaasgevind het.

Die seun se ouers, Gavin en Leeane Swiegers, moes die slegte tyding in Saoedi-Arabië ontvang en sou Dinsdagaand ‘n vlug terug na Suid-Afrika haal.

Volgens Jonanthan werk sy pa al ‘n geruime tyd in die land en het sy ma sedert Desember by hom gekuier.

Timothy het saam met Jonathan en ‘n ouer suster, Jessica (22), in hul huis in Kootweg gebly.

Jonathan het Dinsdag aan die Herald gesê dat sy boetie na skool ‘n rugby wedstryd gespeel het en daarna het hy na sy werkplek in Goodsweg geloop.

“Ons sou ‘n saamry geleentheid na ons huis gehad het, maar daar was ‘n probleem en ons het toe maar huistoe gestap,” het Jonathan gesê.

In Denneweg het Timothy op een of ander wyse van die sypaadjie beweeg en voor ‘n aankomende bakkie, wat hom blykbaar van agter getref het, beland.

Jonathan het gesê dat die bestuurder van die bakkie stilgehou het en die nooddienste ontbied het.

Timothy is op die toneel oorlede.

“Ons het ons ouers in kennis gestel en hulle het dadelik planne begin maak om terug te keer na Suid-Afrika,” het Jonathan vertel.

‘n Somber atmosfeer het Dinsdagoggend by die Laerskool Dalview geheers.

Timothy, wat sedert verlede jaar ‘n leerder aan die skool was, was volgens die hoof, Tom Weys, ‘n rustige seun wat goeie rugby gespeel het.

“Ons skool het Maandagmiddag teen Baanbreker rugby gespeel en Timothy het nog vir die tweedespan ‘n drie gaan druk.

”Ons is almal diep geraak deur die tragedie en ons gebede gaan uit na sy ouers, asook sy broer en suster en ander familie,” het Weys gesê.

Hartseer en emosionele graad sewe leerders het Maandagoggend, as eerbetoning, blomme, boodskappies en ‘n rugbytrui onder ‘n boom by die skool geplaas.

Ds Chris Lombaard, van die Evangelies-Gereformeerde Kerk, het ook die graad sewe leerders toegespreek.

“Ons sal uit die aard van die saak verdere berading aan die leerders bied en op gepaste wyse van Timothy afskeid neem,” het Weys bygevoeg.

Teen druktyd was Timothy se ouers nog oppad terug na Suid-Afrika en begrafnisreëlings kon nog nie gefinaliseer word nie.

‘n Saak van strafbare manslag word deur die SAPD ondersoek.

Related Articles

5 Comments

  1. Hoeveel kinders moet nog op Denneroad sterf mense stop nie by rooi ligte nie ek self was al in 2 ongelukke daar die lig is groen vir jou maar jy moet wag vir die wat nog oor rooi ligte ry hulle moet n plan maak en bietjie kyk hoeveel skool kinders is daar al gestanp in die laaste 10 jaar nou die oggend toe die krag af was dien jy die verkeersmanne met blou ligte maar hulle stop dan nie eers om die verkeer te reguleer nie dis sad want ek kan jou se 9/10 is dit nie die voetgangers se fout nie

  2. My hart is so seer vir daardie ouers, hoe moet die bestuurder nie ook voel nie, alles gebeur met ‘n doel net ons Liewe Vader weet wat Hy beplan vir ons op hierdie aardbol. Rus in vrede Timothy rus sag, dit wat jy nog gister vir jou skool gedoen het sal nog lank onthou word.

  3. Ai Timmy my hart is gebreek maar ek weet j is veilig en ek weet jy is in n bja beter plek ! Ek Bid dat Timothy se ouers , familie en vriende rustig sal wees! Timmy ons is bja lief vi jw !

  4. As you comprehend this profound loss, let yourself cry knowing each tear is a note of love rising to the heavens. My deepest condolences to the family and friends of this young man.

Back to top button