Local newsNews

VLU lede blink uit by konferensie

Lede van die Brakpan-tak van die Vroue Landbou-Unie, en die tak in geheel, het Saterdag uitgestaan by die 19de Overvaal streek-konferensie, wat in Springs gehou is.

Marie Brits het ‘n eerste plek op die konferensie verower in die gebak-afdeling. Dié toekenning is merkwaardig aangesien Marie al die lede in die Overvaal Streek met haar bo-baas bakwerk uitgestof het.

Die voorsitter van die Brakpan-tak, Hettie Basson,het self goed gevaar en het ‘n tweede plek in die naaldwerk-afdeling behaal.

Die Brakpan-tak self het ook ‘n derde algehele plek behaal, vir artikels wat tydens die konferensie beoordeel is en nou aangestuur word vir die volgende beoordeling by die VLU kongres, wat later vanjaar plaasvind.

“Ons is ‘n klein tak met min lede, en die prestasies wat ons behaal het is werklik baie belonend,” het Basson gesê.

Related Articles

Back to top button