Editor's choiceLettersLocal newsNewsOpinion

Gewaagde foto’s is moeilikheid soek

"Bekommerde ouer" skryf per e-pos:

Ek is ‘n bekommerde ouer. Ek voel dat dit in die koerant genoem moet word dat ons jeug nie op die regte pad is nie.

Vanoggend wys my dogter vir my ‘n BBM-porfiel foto (profile pic) van ‘n dogter wat ek so 15 jaar oud skat. Sy is in haar onderklere, waarop sy vra dat mense kommentaar moet lewer.

Nadat my kind vir haar gesê het dat sy selfrespek moet hê, verander sy die foto na een waar sy in die stort staan met seep oor haar lyf gesmeer.

My kind verduidelik toe aan haar dat sy moeilikheid soek want daar is baie “perverts” daar buite. ‘n Oomlik later antwoord sy : “stuur my pin aan”.

My vraag is: waar is haar ouers en weet hulle wat sy doen?

Volgens my het kinders geen privaatheid op BBM nie, want die internet is nie privaat nie.

Ek hoop regtig dat my brief gepubliseer sal word en dat ouers sodoende gewaarsku sal word en aangemoedig sal word om openhartig met hulle kinders te praat.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button