Editor's choiceLocal newsNews

Gaan stap met jou hond

Honde-eienaars en ondersteuners van die Diere Beskermingsvereniging (DBV) word uitgenooi om volgende Saterdag (30 November) aan ‘n “Sunset Adventure Dog Walk” by die Boksburg Stadion te gaan deelneem.

Die geleetnheid is ten bate van die takke van die DBV aan die Oos-Rand, in ‘n poging om fondse in te samel maar ook om komberse, honde-leibande en hondekos bymekaar te maak.

”Ons glo dat die geleentheid ‘n genotvolle een sal wees vir die hele gesin, asook vir die honde,” het die organiseerder, Alte Gobey, gesê.

Die stappery sal om 4.45nm begin en die publiek word aangemoedig om piekniekkomberse, stoele en gazebos saam te neem.

Persone wat aan die stappery wil deelneem word egter versoek om reeds om 4nm by die stadion te wees.

“Daar sal twee roetes van verskillende afstande wees, wat verskeie aktiwiteite wat die honde sal kan geniet, insluit,” het Gobey gesê.

Die langer roete sal vereis dat die persone wat met hul honde loop ouer klere moet dra,aangesien die roete meer avontuur-georïenteerd is.

Mense wat ne honde besit nie is ook baie welkom om die geleentheid by te woon en selfs die roetes te stap.

Die toegang is R30 per persoon en R10 per hond.

Alle deelnemers sal kwalifiseer vir ‘n gelukkige trekking en daar sal ook ‘n kontant prys wees vir die club of organisssasie wat die meeste lede en honde inskryf.

Dit is belangrik dat alle honde aan leibande moet wees en die diere se inenting moet op datum wees.

Geen honde onder drie maande sal toegelaat word nie.

Die Boksurg Stadion is in Jubileeweg, Boksburg, geleë.

Vir meer inliging kan ‘n e-pos aan Ann Martin gestuur word, by spca159@gmail.com.

Die Brakpan DBV kan ook by 011 742-2007 gekontak word.

Related Articles

Back to top button