CrimeNews

‘Kersvader’ met lang mes gedreig

‘n 42-Jarige inwoner van die dorp is Sondag sy fiets kwyt, nadat ‘n rower hom met ‘n mes gedreig het.

‘n 42-Jarige inwoner van die dorp is Sondag sy fiets kwyt, nadat ‘n rower hom met ‘n mes gedreig het.

Thys van Vuuren, wat alom ook bekend is as Brakpan se eie Kersvader, het Maandag aan die Herald gesê dat hy beslis vir sy lewe gevrees het, aangesien die onbekende man baie dreigend, met ‘n lang mes in die hand, was.

Thys het deur die jare op die dorp bekend geraak, aangesien hy elke jaar, gedurende die feesseisoen, sy lyf Kersvader hou.

“Ek was Sondagmiddag na die dorp om ‘n paar goedjies by Shoprite Checkers te koop en was net na 11vm oppad na my huis in Tweedyweg,” het Thys vertel.

“Naby die sportgronde van die destydse Hoërskool Hoogland, in Brenthurst, het ek verby ‘n man gery, maar geen notisie van hom geneem nie.

“Ek het stadig gery en die volgende oomblik het ek gevoel dat ek van agter gestamp word.

“Ek het dadelik van my fiets afgeval en die fiets het bo-op my geval.

“Ek het nog probeer sin maak van wat gebeur het, toe die man langs my staan, met ‘n lang mes in sy hand. Hy het gesê dat hy my geld en die fiets soek.

“Ek het vir hom gesê dat ek nie geld het nie.

“Hy het my fiets en die kruideniersware wat ek gekoop het gevat, en vinnig weggery.”

Weldoeners, wat in ‘n huis daar naby woon, het Thys te hulp gesnel en hom huis toe geneem.

Hy het beserings aan sy skouer, knieë en enkel opgedoen, maar is meer bekommerd oor sy fiets, wat sy enigste vervoermiddel is en wat hy nou kwyt is.

Related Articles

Back to top button