Wees versigtig by die bank

Persone wat groot bedrae geld by banke onttrek moet ekstra versigtigheid aan die dag lê en doodseker maak dat hulle nie agtervolg word nie.

Kapt Joep Joubert, woordvoerder van die Brakpan SAPD, het ‘n ernstige waarskuwing aan mense gerig om uiters versigtig en baie oplettend te wees wanneer hulle geld trek.

“Dit is raadsaam om vooraf reëlings met die bank te tref wanneer ‘n groot bedrag geld onttrek moet word,” het Joubert gesê.

Hy het bygevoeg dat mense op die uitkyk moet wees vir verdagte persone of situasies. Die Brakpan polisie sal ook, waar dit moontlik is, probeer om mense by te staan wanneer hulle groot bedrae kontant gaan trek.

“Sodanige mense kan met my kontak maak, en indien die dag en tyd van so ‘n aard is dat ons kan help, sal ons dit inderdaad doen,” het Joubert gesê.

Hy kan gekontak word by 011 744-4940.

Exit mobile version