Man verdwyn spoorloos

Daar bestaan groot kommer oor ‘n hawelose man wat op 24 Mei spoorloos verdwyn het.

Wouter Pelser (46) was vir meer as 12 jaar ‘n kliënt van die Ondersteuningsraad van Brakpan en was wel bekend in die dorp.

Volgens Mona Loubser, ‘n maatskaplikewerker van die Ondersteuningsraad, was hy siek en is hy op 16 Mei na die Verre Oos-Randse Hospitaal geneem.

“Wouter het die volgende dag uitgekom maar is weer op 24 Mei in die hospitaal opgeneem,” het Mona gesê

“Sedertdien weet niemand meer waar hy is nie.

“Die mense saam met wie hy in Wendenlaan gewoon het het ook nog nie weer van hom gehoor nie.”

Volgens Mona het navrae aan ander hospitale en selfs lykshuise in die omgewing ook niks opgelewer nie.

“Ons is werklik bekommerd oor Wouter,” het sy gesê.

‘n Saak is by die Brakpan polisie geopen en enigiemand met inligting kan die ondersoekbeampte, sers Niekkie Muller, by 011 741-4800 kontak, of vir Mona Loubser by 011 740-9310.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version