Gewapende rowers slaan toe by Mall@Carnival

'n Groep swaar gewapende rowers het Woensdagoggend (10 Julie om ongeveer 10.30vm 'n juwelierswinkel in die Mall@Carnival van kontant en juwele beroof.

‘n Skietery het ontstaan en ‘n vrou is in die been gewond. Sy is in ‘n bestendige toestand na ‘n nabygeleë hospitaal vervoer.
Volgens inligting van die die Brakpan SAPD, het ten minste drie gewapende mans die winkel binnegegaan en die klante, asook personeel, aangehou.

“Nadat die rowers kontant en juwele gevat het, het die mans na buite gevlug,” het die woordvoerder van die polisie gesê.
Meer rowers het glo buite op ‘n bakkie gewag.
Volgens inligting het een van die die mans op die bakkie met ‘n geweer losgebrand voordat die rowers op die vlug geslaan het.
Teen druktyd was die groep rowers nog op vrye voet.
‘n Woordoverder van die Brakpan SAPD het gesê dat die publiek die ondersoekspan se werk op die toneel erg bemoeilik het.

“Ons het die gebied afgesper met offisiële polisie-lint, wat duidelik aandui dat mense nie verby seker punte kan beweeg nie, maar baie mense het glad nie gehoor gegee hieraan nie,” het die woordvoerder gesê.
“Dit veroorsaak dat mense die toneel betree en in die proses kan waardevolle bewysstukke verlore gaan. Dit is in ons reg om teen sulke mense op te tree.”

Exit mobile version