Metro fokus om probleemareas skoon te kry

Werknemers van die Ekurhuleni Metro het Vrydagoggend ‘n skoonmaakprojek in die dorp onderneem.

Werknemers van die Ekurhuleni Metro se vaste afval en reinigingsdienste asook van die parke-afdeling het Vrydagoggend ‘n skoonmaakprojek in die dorp onderneem.

Daar is veral gekonsentreer op die wandellaan en ‘n parkeerarea in Queenlaan, wat erg vervalle en vuil geraak het.

Lucy Mbataha maak die rommel bestrooide parkeerarea in Queennlaan skoon. Dit is op dié plek waar die liggaam van ‘n hawelose persoon, verlede week deur verbygangers ontdek is. (Die Herald het verlede week daaroor berig).

Lees: Liggaam in dorp gevind

Wiseman Mncwabe was een van die werkers wat Vrydag hard aan die werk was.

Kyk hier na meer foto’s:

Exit mobile version