CrimeLocal newsNews

Man ontbloot hom voor skoolkind

‘n Vuil en verslonste man het homself Dinsdagmiddag aan ‘n 18-jarige leerder van Die Anker ontbloot.

Die tiener was by die skool vir revue oefening en die onaangename ervaring het net voor 1nm gebeur, toe sy oppad was na haar ouerhuis.

Haar ma het versoek dat sy nie geïdentifiseer word nie.

“My kind het in Tweedyweg, in die rigting van Brakpan-sentraal, gery,” het die vrou vertel.

“Toe sy reg langs die man, wat op die sypaadjie geloop het, was, het hy skielik sy broek afgepluk.”

Die man het geen onderklere gedra nie en het sy geslagsdele ontbloot.

“Dit is absoluut skokkend. Die skole begin volgende week en dit is nie lekker om te weet dat daar so ‘n persoon in die omgewing van die skole rondhang nie,” het die ma gesê.

“Uit die aard van die saak was dit ook ‘n baie onaangename ervaring vir my kind.”

Die man is tussen 40 en 50 jaar oud en het ‘n grys sweetpakbroek en pers hemp aangehad. Hy het langerige onnetjiese hare.

Die voorval is by die SAPD aangemeld.

Lees ook:

Ontbloter laat vroue skrik

Related Articles

Back to top button