Editor's noteNewsSchools

Hoërskool Stoffberg vier weer fees

Verskeie feesvieringe word in die nabye toekoms vir oud-leerlinge van die Hoërskool Stoffberg gereël.

In die eerste plek is daar die 50-jaar reünie van die 1965 matriekklas van die Hoër Seunskool Stoffberg wat gedurende die naweek van 14 en 15 Augustus plaasvind.

Die reëlingskomitee is egter nog op soek na persone wat in 1965 gematrikuleer het, om te verseker dat die geleentheid ‘n sukses sal wees.

Die oudleerlinge waarna gesoek word is: Eddie Botha, Corrie Booysen, Willie Britz, Frans Derckson, Hennie Horn, Jan Joubert, Willem Latsky, Willie Kritzinger, Manie Olivier, Tonie Schlebusch, Flip Smit, Hennie Venter, Johannes Venter, Louis Viljoen, Willie Wessels, Jacobus Bester en Nicolaas van Rensburg.

Lesers wat weet waar hierdie manne opgespoor kan word, word versoek om die inligting aan Wouter Rothman te verskaf, by 083 282 6969 of per e-pos by 27827758497@vodamail.co.za.

Alle oud-leerlinge word ook versoek om op die aand van 14 Augustus by die 1965-matrieks aan te sluit ter ondersteuning van die revue van die Hoërskool Stoffberg. Dit beloof om ‘n glansryke aand te wees.

Aangesien die Hoërskool Stoffberg gedurende Oktober sy verjaardag vier, beplan die Stoffberg Oudleerlinge Vereniging om, soos verlede jaar, weer ‘n skaapbraai vir alle oudleerlinge aan te bied.

Alle oudleerlinge van die oorspronklike Hoërskool Stoffberg, Die Hoër Seunskool Stoffberg, Die Hoër Meisieskool Stoffberg en die huidige Hoërskool Stoffberg word uitgenooi om hierdie funksie op Saterdag, 31 Oktober, by te woon.

Vir meer besonderhede kan Lodi le Roux by 081 844 4154, of Abe Erasmus by 082 450 4618 gekontak word.

Alle matrieks van 1995 word ook herinner aan hulle 20jarige reünie, wat ook op Saterdag, 31 Oktober, sal plaasvind.

Alle 1995 matrieks wat nog nie van hulle laat hoor het nie kan vir Erika Cilliers by 082 499 0965 skakel, of ‘n e-pos stuur aan stoffbergreunie95@gmail.com.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button