CrimeEditor's choiceLocal newsNews

Diewe gaps kar tydens kragonderbreking

‘n Egpaar van die dorp se enigste vervoermiddel is Donderdagaand gesteel toe daar vir ‘n tyd lank ‘n kragonderbreking in groot dele van die dorp was.

Charmaine en Rudi Wiese van Gladstonelaan het hul Uno in die parkeerarea van die Post Office Spar in Voortrekkerweg geparkeer.

“Dit was net voor 7vm en ons stop altyd daar. As gevolg van die kragonderbreking was dit donker, maar ons het nie gedink dat dit onveilig sou wees nie,” het Charmaine gesê.

“Ons was skaars tien minute weg en toe ons uitkom, het ons gesien dat die kar weg is.”

“Dit is beslis nie ‘n lekker gevoel nie. Ons het die kar maar ses maande en dit was ons enigste vervoermiddel,” het Charmaine bygevoeg.

Volgens haar het die karwagte, wat daar was, niks gesien nie.

“Ek het nog die karsleutel in my hand gehad.”

Die saak is by ie SAPD aangemeld.

Lees ook:

Six arrested for hijackings and robberies

Vrou vertel van angsvolle oomblikke met vuurwapen teen haar kop

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button