Editor's choiceLocal newsNews

Ondersteuningsraad reik uit na die gemeenskap

Die Ondersteuningsraad is ‘n diensorganisasie van die Nederduitsch Hervormde Kerk, wat maatskaplike dienste lewer.

Daar word in die besonder gefokus op die beskerming van kinders deur voorkomings- sowel as statutêre dienste. Dit sluit verwaarloosde, seksueel gemolesteerde sowel as mishandelde kinders in.

Die organisasie lewer ook dienste ten opsigte van alkohol- en dwelmverslawing, huweliksprobleme, egskeidingsbegeleiding, armoede verligting, dienste aan bejaardes, gestremdes en mishandelde vroue.

Die Brakpan Ondersteuningsraad voorsien ook op ‘n daaglikse basis ‘n bord kos aan sowat 100 behoeftige mense van die dorp. Vir baie van die mense is dit die enigste kos wat hulle ontvang.

Om kop bo water te hou, moet die organisasie deurgaans projekte aanpak om fondse in te samel.

Daar is tans oulike skoot-skinkborde, wat personeel en helpers self maak, te koop. Die skinkborde het ‘n harde plat oppervlak maar aan die onderkant is daar ‘n sak, gevul met balletjies wat veroorsaak dat die skinkbord maklik op ‘n skoot, ‘n bed, of selfs in die motor gebruik kan word.

Dit is ideaal om vir iemand kos in die bed te bied, vir vroue wat naels doen en selfs om ‘n skootrekenaar op te balanseer.

Wanneer jy ‘n wegneemete in jou voertuig moet eet is die skinkbord ook baie nuttig.

Die publiek is welkom om van die skinkborde te bestel, deur vir Mona Loubser by 011 740-9310 te kontak.

Daar word ook tans gesoek na ‘n vrywilliger wat op Woensdaeoggende kan help om mense te leer naaldwerk doen.

Vroue word deur die Ondersteuningsraad geleer om naaldwerk te doen en sodoende vir hulself ‘n inkomste te verdien.

Enigiemand wat moontlik hiermee kan help kan ook vir Loubser by 011 749-9310 kontak.

Lees ook: 

Ondersteuningsraad wil mense die winter weer help

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button