Local newsNews

Sit Vrydag jou beste voetjie voor vir ‘n goeie doel

Vrydag is weer dié tyd van die jaar wat jy jou hoë hakke, skool skoene of stewels kan ruil vir ‘n gemaklike paar tekkies, en die beste deel is dat jy dit vir ‘n goeie doel doen.

Click here for the English version

Afhangende van waar jou hart lê, kies jy een (of meer) van die afdelings wat jy wil ondersteun met jou R10 plakker donasie:

  • Allerande diere
  • Basiese familiedienste
  • Cool kinders
  • Dienslewering aan gestremdes
  • Essensiële onderwys

Kry jou R10 plakker (dit is die belasting wat jy betaal) en dra jou tekkies.

Jy kan ook ‘n paar ”funky” skoenveters, genaamd “tekkie tags”, aanskaf.

Op Tekkie Tax Dag dra jy jou plakker op jou T-hemp, ontwerperspak of wat ookal jy aan het.

Die projek word ondersteun deur vyf van Suid-Afrika se bekendste gesigte.

Die Afrikaanse ”rapper” Jack Parow, is die diere ambassadeur, Master Chef ster Sade Giliberti, die basiese familiedienste ambassadeur, Sorina Erasmus (the Flooze), die kinder ambassadeur, geliefde Expresso aanbieder Katlego Maboe, die ambassadeur vir gestremdes en die koninging van dans Tebogo Kgobokoe, die onderwys ambassadeur.

Jy kan die plakkers en “tekkie tags” by die Brakpan DBV, Sherwood Pick n Pay, Benns Apteek, die Hoërskool Stoffberg, Brakpan Tuinsentrum of by Jacks Paint koop.

Video: YouTube

https://www.youtube.com/watch?t=11&v=X4ZIoLH_fOs

Lees ook:

67 Blankets for Nelson Mandela Day  

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button