Local newsNews

Motorskou lok duisende

Die Just Wheels Motorskou, wat Saterdag op die skoolgronde van Muriel Brandskool gehou is, het vanjaar beslis nie teleurgestel nie.

Honderde mense het van vroeg af deur die hekke gestroom en teen spitstyd was daar, volgens die organiseerders, sowat 918 skoukarre deur die hek.

Benewens die voertuie kon skougangers hul geniet op 4×4-baan, asook rond beweeg tussen ‘n goot verskeidenheid stalletjies en uitstalling van onder meer die weermag.

Personeel en helpers van Muriel Brand Skool het gesorg dat niemand honger lei nie en benewens warmbrakke, hamburgers en boereworsrolle wat by die honderde verkoop is, is daar ook 2500 pannekoeke gebak en verkoop.

Maandagoggend het  een van die organiseerders, Bart Zaayman, gesê dat die finale statistieke nog nie gefinaliseer was nie, maar dat die skou beslis ‘n sukses was.

Hy het ook almal wat betrokke was asook die ondersteuners bedank.

Foto’s van die motorskou:

Just Wheels Motorskou (1)

Just Wheels Motorskou (2)

Just Wheels Motorskou (3)

Just Wheels Motorskou (4)

Just Wheels Motorskou (5)

Related Articles

Back to top button