Editor's noteLocal newsNews

Neem deel aan brei-maraton en help ander

Die Ondersteuningsraad van Brakpan gaan op Vrydag, 22 Mei ‘n brei-marathon by hul kantore te Parkstraat, hou.

Die raad nooi almal, wat kan brei, uit om op dié aand daar bymekaar te kom.

“Ons wil soveel moontlik sokkies en serpe brei, met die oog op die winter wat voorlê,” het Mona Loubser, hulp maatskaplike werker van die Ondersteuningsraad gesê.

“Ons vra dat die publiek hul eie naalde en wol sal bring,” het sy bygvoeg.

“Dié wat nie kan brei nie is welkom om wol te skenk aangesien dit ‘n groot hulp sal wees.”

“Daar sal dus wol beskikbaar wees vir diegene wat nie wol kan saam bring nie maar graag wil brei.”

Loubser het verseker dat dit ‘n gesellige aandjie in ‘n ontspanne atmosfeer sal wees.

Die Ondersteuningsraad sal ook koffie en tee reg hê en die mense wat gaan brei is welkom om ‘n versnappering saam te neem.

“Daar is werklik ‘n groot behoefte onder die mense van Brakpan en hierdie is die ideale geleentheid vir die publiek om betrokke te raak.

Die brei-marathon sal om 6nm begin en sal duur tot almal se vingers moeg gebrei is.

Vir verdere besonderhede kan die Ondersteuningsraad se personeel gekontak word by 011 740-9310.

Lees ook van die Ondersteuningsraad se jas-projek:  Ondersteuningsraad wil mense die winter weer help.

Related Articles

Back to top button