Editor's choiceLocal newsNews

Ses-jarige se eerste vis is ‘n mooie

Die ses-jarige Danie Geyser, van Brenthurst, kon onlangs nie ophou glimlag toe hy sy eerste vis gevang het nie.

Die graad een leerder van Laerskool Die Arend het saam met sy pa, Danie snr, op ‘n plaas in Delmas ‘n lyntjie gaan natmaak.

“Dit was die eerste keer dat Danie alles self gedoen het,” het sy stiefma, Charmaine Jordaan, gesê.

Hy het self die aas aan die hoek gesit, die lyn in die water gegooi en die vis heeltemal op sy eie uitgetrek.

Danie was baie opgewonde oor die karp van 5.65kg wat hy na die kant gebring het.

“Nie eens die volwassenes wat saam visgevang het kon op dié een verbeter nie,” het Charmaine gesê.

Lees ook:

Vrou (62) trek groot karp uit by Brakpan Dam

Nog ‘n bielie van ‘n karp in die Brakpan Dam gevang

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button