CrimeEditor's noteNews

Man lewenslank tronk toe vir moord

‘n 30-Jarige inwoner van Tsakane is verlede Vrydag, in die Brakpan Streekshof, skuldig bevind op ‘n aanklag van moord en poging tot roof.

Die saak spruit uit ‘n voorval toe Solomon Nundungwana Oupa Mashile, in Desember, 2012, probeer het om die winkel van ‘n buitelander te roof. Die winkel is in Tsakane.

Die eienaar is deur Mashile doodgeskiet toe hy nie die deur van sy besigheid vinnig genoeg oopgemaak het nie.

Mashile het op die vlug geslaan, maar is vier dae later gearresteer.

Die beskuldigde het ook twee vorige veroordelings vir roof gehad, asook een vir die besit van ‘n vuurwapen en ammunisie en een vir huisbraak.

Mashile is op die aangklag van moord tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis en op die klag van poging tot roof tot 10 jaar gevangenisstraf.

Streekhof landdros Pieter du Plessis het voorgesit, terwyl die aanklaer G Makhudu was.

Z Kathrada, van Regshulp Suid-Afrika, het die verdediging waargeneem.

Related Articles

Back to top button