EntertainmentLifestyle

Klipkoppiefees is om die draai

Die Klipkoppiefees is om die draai en hierdie jaar beloof dit die fees der feeste te wees.

ALBERTON – Vir besoekers wag daar ‘n sterbelaaide program met bekende kunstenaars soos Snotkop, Nadine, Elvis Blue, Kurt Darren, Jak de Priester, Emo Adams and Band en vele meer,

Dan is daar die braaikompetisie en verskeie ander buitelug aktiwiteite vir oud en jonk, ‘n snuffelmark waar die meerderheid stalletjies handgemaakte items verkoop, buiteluguitstallers, die verskillende 4×4 roetes, pretloop – noem dit, dit is daar.

Gaskunstenaars sal as volg optree:

*Vrydag: Lizelle Smit, Zane, Karen Ferreira, Wicus van der Merwe, Snotkop, Elvis Blue en daarna word daar tot laatnag gekuier saam met Henk Grimsell.

*Saterdag: Waldo Lotz, Nic Stevens, Jennifer Zamudio, Elvis se Seun, Jak de Priester, Wicus van der Merwe, Christo en Cobus, Nadine, Kurt Darren en Emo Adams and Band.

*Sondag: Willie Joubert, Dewald Gous, Adam, Broers en Riana Nel.

Met al hierdie aktiwiteite gaan die honger en dors beslis groot wees, en ‘n groot verskeidenheid van kosstalletjies beloof om iets te bied vir elkeen se smaak. Die Watergat is waar jy jou dors gaan les. So maak nou al jou dagboek skoon vir ‘n feesnaweek van Vrydag, 29 Mei tot Sondag 31 Mei.

Kaartjies is reeds by Computicket beskikbaar teen R100 vir dieVrydag, R150 vir die Saterdag, R50 vir Sondag en R200 vir ‘n naweekkaartjie. Kinders onder die ouderdom van 12 kry gratis toegang.

Vir meer inligting besoek die Klipkoppiefees Facebookblad of hul webwerf by www.klipkoppiefees.co.za en hou hierdie spasie dop vir tye en verdere besonderhede.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button