LettersOpinion

Waar was die beskerm engele gewees?

E Scott van Brakpan-Noord skryf:

In die Brakpan Herald van 9 Januarie was daar weer ‘n berig geplaas oor die vier-jarige kind, Jasmin Pretorius, wat so wreed aangerand en vermoor is. (Community remembers Jasmin).

Nou is sy al vir een jaar met Jesus. Ek wil net weet, waar was die beskerm engel gewees? Hoekom was die arme kind nie beskerm gewees nie?

‘n Paar jaar gelede is ‘n student van Magalieskruin ook wreed aangeval, nadat sy by Bybelstudie was.

Die booswig het haar 22 keer gesteek en gesny.

Waar was die beskerm engel toe gewees?

Sy ly nog steeds en kan nie verder studeer of werk nie.

As dit beter in die Hemel in heerlikheid is, hoekom wil die mense nog op aarde leef en swaar kry?

Hoekom betaal hulle baie aan mediese fondse en aan dokters as hulle in wonderwerke glo?

Dit bots met mekaar.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button