Community AnnouncementsEditor's noteNews

Opvolg: Pa en seun, wat in ongeluk sterf, saam ter ruste gelê

Die begrafnis van Jan (46) en Juan (23) vind vanmiddag (Dinsdag) om 1nm vanuit die Lewende Woord van God plaas. Die kerk is op die hoek van Gordon- en Hamiltonlaan geleë.

Die pa en seun is oorlede na ‘n ongeluk, wat op 9 Augustus op die ou Lokasiepad plaasgevind het. Jan, wat bestuur het, het beheer oor die voertuig verloor en beide is uit die voertuig geslinger.

Jan is op die toneel oorlede en Juan is per helikopter na die Charlotte Maxeke Hospitaal in Johannesburg vervoer. Hy is verlede Saterdag oorlede.

Lees ook:

Ongeluk eis pa, seun nog kritiek

Jong man sterf twee weke na pa

Related Articles

Back to top button