Editor's noteLocal newsNews

Neem ‘n ma en kind foto

Moedersdag word vanjaar op 11 Mei gevier en met die oog daarop bied die Herald 'n fotokompetisie aan.

Ons is opsoek na ‘n foto waarop die dorp se oulikste ma en kind/kinders uitgebeeld word. Die wenfoto sal deur ‘n paneel beoordelaars gekies word en sal in die Herald gepubliseer word.

Dit is maklik om in te skryf maar onthou dat ons opsoek is na ‘n foto wat die spesiale band tussen ‘n ma en haar kind/kinders uitbeeld.

Dit kan ‘n prettige foto wees of iets meer ernstig. Foto’s moet nie ouer as vier maande wees nie en foto’s wat digitaal gemanipuleer is, sal glad nie in ag geneem word nie. Slegs inwoners van die dorp kan inskryf.

Dit is belangrik om die volgende inligting saam met die foto te verstrek:

*Name, vanne en ouderdomme van al die mense op die foto; waar die foto geneem is asook ‘n kort beskrywing daarvan.

* Dit is ook noodsaaklik om ‘n telefoonnommer te verskaf.

* Foto’s kan slegs op twee maniere ingestuur word. Dit kan in j-peg formaat per e-pos na brakpanherald@caxton.co.za gestuur word.

* Gedrukte foto’s kan ingehandig word by ons kantoor te Hendrik Potgieterstraat 25, Dalview.

Die sluitingsdatum is Maandag 5 Mei om 3nm.

 

Related Articles

Back to top button