Verkiesingsbedrog is ’n misdaad
Verkiesingsbedrog is ’n misdaad en die volgende mag nie gedoen word nie.
• Moet nie iemand sover kry om vals inligting te verskaf wanneer hulle registreer om te stem nie.
• Moet nie vals inligting verskaf wanneer jy as kieser registreer nie.
• Moet nie as kieser registreer of stem deur van ’n ander persoon (lewend of dood) se naam gebruik te maak nie.
• Moet nie registreer om te stem in ’n stemdistrik waarin jy nie woon nie.
• Moet nie in ’n verkiesing of stemlokaal stem indien jy nie toegelaat is om te stem nie.
• Moet nie meer as een keer in ’n verkiesing stem nie.
• Moet jou nie as een van die volgende voordoen nie:
– ’n beampte van die Verkiesingskommissie
– ’n verteenwoordiger van ’n geregistreerde politieke party
– ’n kandidaat in ’n verkiesing
– ’n geakkrediteerde waarnemer
– ’n geakkrediteerde kiesersopleidingsbeampte
(Inligting verkry van die OVK se webtuise)