Editor's noteLocal newsNews

Neem ‘n Paasfeesfoto en wen

Paasfees is om die draai en lesers van die Herald word uitgenooi om vir ons mooi foto’s met ‘n Paastema in te stuur.

Die mees indrukwekkende foto wat ons ontvang, sal in die uitgawe van 18 April gepubliseer word.

Daarbenewers gaan die wenner ook ‘n Paaseier geskenkpak van VC Super Spar, in Dalview, ontvang.

Dit is belangrik om in gedagte te hou dat die foto’s ‘n Paastema moet hê. Verder kan lesers maar hul verbeelding gebruik en vir ons interessante foto’s stuur.

Die volgende is ook van toepassing:

* Foto’s moet in jpeg-formaat gestuur word en minstens 1MB wees.

* Foto’s wat digitaal gemanipuleer is sal nie in ag geneem word nie.

* Dit is belangrik dat daar ten minste een persoon in die foto is, maar daar kan meer wees. Die name, vanne en ouderdomme van almal in die foto moet verskaf word.

* Gee ‘n kort beskrywing van die foto, soos waar dit geneem is.

* Foto’s wat langer as twee maande gelede geneem is sal nie kwalifiseer nie.

* Die persoon wat die foto inskryf se naam, van en telefoonnommer moet ook gemeld word.

* Foto’s kan per-epos gestuur word na brakpanherald@caxton.co.za Meld die woord Paasfees fotokompetisie in die onderwerpboks.

* Foto’s kan ook by ons kantoor te Hendrik Potgieterstraat 25, Dalview ingehandig word.

* Die sluitingsdatum vir die fotokompetisie is 14 April, om 9vm.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button