LettersOpinion

Skiettery is hartseer

Cecilia Jansen van Vuuren skryf per e-pos:

Dit was vir my ‘n groot skok en baie hartseer om in verlede week se Herald te lees van die skietvoorval waarby Barend (Oom Barnie) en Kathleen Oosthuizen betrokke was. (Fleeing robber shoot two car guards).

Die lafhartige rowers het gevlug en twee onskuldige mense koelbloedig geskiet. Oom Barnie het met sy lewe geboet en Kathleen moet nog steeds in die hospitaal aansterk.

Ek is ‘n inwoner van Brakpan, wat altyd met ‘n geruste hart altyd my motor daar parkeer het.

Hulle was alytd vriendelik en het gereeld ‘n geselsie aangeknoop of ‘n grappie vertel.

Hulle het daar gewerk omdat hulle nie ander werk kon kry nie, maar hulle wou vir hulle self sorg en wou nie van ander se genade afhanklik wees nie.

Ek het altyd met ‘n oop hart en hand vir hulle ‘n geldjie gegee. Ek is self ‘n pensioenaris, maar ek het geweet hulle sou my kar beskerm en oppas.

Maar ek weet ook van mense wat gereeld daar parkeer en nooit vir hulle ‘n sent gegee het nie. Skaam julle!

Oom Barnie en Kathleen: julle is twee mense wat baie gelief was en in Kathleen se geval steeds is.

Ek gaan oom Barnie baie mis. Vir Kathleen wens ek ‘n spoedige herstel toe.

Ek hoop sy herstel spoedig en dat sy weer haar pos kan inneem en ek hoop Oom Barnie rus veilig by Jesus.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button